Saturday, September 13, 2014

SPINASIE, SAMPIOEN,SPEK EN FETA QUICHE

SPINASIE, SAMPIOEN,SPEK EN FETA QUICHE

Kors:
240 g Koekmeel
230 g Botter
150 g Cheddar kaas

Vulsel:
500g Spinasie
45 ml olie
250 g Spek
1 groot Ui
1 Knoffelhuisie
300 g Sampioene
Sout, peper en aromat
100 g Gerasperde cheddarkaas

Bolaag:
3 Eiers
150g Korrelrige maaskaas
100 ml Melk
1 wiel Feta
Meng al die bestandele met ‘n voedselverwerker totdat dit ‘n deeg vorm. Gebruik dan ‘n koekpan met ‘n los boom en smeer die kante en die boom met die deeg. Laat staan in die yskas vir 15min.
Soteer die spek, uie, sampioene en knoffel in olie tot gaar. Kook die spinasie en voeg by die gaar spekmengsel. Laat dit vir 5min kook. Voeg al die speserye by. Skep mengsel eweredig in pan. Strooi gerasperde kaas oor.
Klits al die bolaag se bestandele behalwe die feta. Giet die mengsel oor die spinasie. Frimmel dan die feta kaas oor.
Bak vir sowat 40min in die oond by 180oC.
Bedien warm of koud saam met net ‘n lekker mengel slaai